Description
’n Skatkis vol Liefde deur Corné van Rooyen is ’n Afrikaanse liefdesroman wat in die Kaap afspeel. Kort ná haar agtiende verjaardag vertrek Karlijn Verhoeven per skip van Nederland na die Kaap. Wanneer sy tydens ’n stormagtige aand oorboord val, word sy deur die skip se kaptein, Jean, gered. ’n Vriendskap ontwikkel tussen hulle, maar Karlijn se gevoelens raak al hoe dieper. Jean se hart behoort egter glo aan iemand anders, Simoné Dubois. Sy verwarrende optrede laat Karlijn wonder wat hy werklik vir haar voel.
Nadat hul paaie aan die einde van die seereis skei, begin Karlijn ’n nuwe lewe in die Kaap. Wanneer sy en Jean mekaar onverwags weer raakloop, neem dinge ’n onverwagte wending. Saam begin hulle ’n reis vol verrassings, waar die moontlikheid van liefde weer opduik.














