SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Karo wonder of sy uit eie keuse sou terugkom Vredevlei toe. Sy twyfel, want soos menige jong meisie wat op ‘n klein plattelandse dorpie grootgeword het, kon sy destyds nie wag om die stof van haar voete af te skud nie. Maar nou is sy terug op die plaas en op die dorp, en niks het verander nie.
Net sy het verander. Sy het nie meer ‘n man en ‘n huwelik nie, en sy is ouer en wyser. Op Vredevlei gaan sy vir haar ‘n nuwe toekoms bou.
Waarmee Karo nie rekening gehou het nie, is haar oom se plaasvoorman, Antonie. Kort voor lank ontdek sy dat sy lief geword het vir die groot man, maar sy ontdek ook dat dit ‘n vergeefse liefde is. Antonie dra swaar aan sy verlede en sy teleurstelling , en Karo weet nie of sy ooit haar groenoogreus se liefde sal wen nie.
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack