You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Die verhaal van Lobola vir die Lewe is uiters eenvoudig, en daar is maar drie persone.
‘n Jong man, François, wat ontdek dat hy ‘n aangenome kind is, gaan op soek na sy herkoms, maar kom al gou voor die groter vraag te staan: Wie en wat is die mens? Op alle moontlike maniere soek hy, maar vergeefs. Dan word hy op ‘n aand by ‘n kroeg ultgesmyt en word huis toe geneem deur die versukkelde. ou Serfontein. Hy ontmoet Marie. Hulle bloot liggaamlike verhouding lei egter noodwendig tot ‘n ramp. François moet voortsoek. Maar sy enigste oplossing” in die slotmonoloog met die kers (een van die boek se sentrale simbole) is dat daar juis géén antwoord kan wees nie. Al waarvan die mens op sy voortdurende krulstog seker is, is dat hy daar is. Dis egter geen pessimistiese ontdekking nie, want juis daarin vind Françola die moontlikheld om kreatief sy lewe voort te sit. Ondanks die min karakters en gebeure word die verhaal tog besonder kompleks deurdat elke gebeurtenis op ‘n hele reeks vlakke tegelyk plaasvind. Dit wil nie maar net die verhaal wees van François se soektog nie, maar van die mene se pelgrimstog na ‘n waarde waarvolgens hy kan lewe, ‘n geloof waarvolgens hy kan uitreik in die groot onbekende waarin hy hom bevind.