SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Sy was jonk en pragtig en op die drumpel van die lewe. Maar sy was besig om blind te word … onherroeplik.
Op sy plasie, Uitvlug, net buite die stad, het Stephan Reitz klaar die stryd gestry wat nou op Lise ook gewag het, die bitter stryd van aanvaarding en berusting in die dinge wat nie veranderbaar is nie. Want Stephan, in die fleur van sy jeug, op die toppunt van sy loopbaan, het die gebruik van sy bene in ‘n ongeluk verloor.
Goddank dat Stephan, ‘n gelouterde Stephan, daar was toe Lise moes leer dat dit nie so uiters belangrik is wat met jou gebeur nie, as wat dit van jou maak, dat die grootliks van jouself afhang wat die verdere verloop van jou lewe gaan wees, of jy in selfbejammering gaan verval en teen die end in selfvernietiging … en of jy bo jou pyn en teleurstellings sal uitstyg en dit in wins gaan omskep. Dis eers toe die vleeslike oe nie meer kon sien nie, dat Lise, met behulp van die man van Uitvlug, geleer het om waarlik raak te sien die dinge in die lewe wat van werklike waarde is.
Sou daar ooit vir hierdie twee mense wat al deur soveel smart moes gaan, tog ook uiteindelike geluk wag?
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack