Rustenvrede bied Jana juis dit waarna sy soek – rus en vrede. Hier kan sy wag tot die kanker gewen het. Hier kan sy wegkruip, weg van nuuskierige oe.
Hier kan sy in vrede op haar dood wag. Want medies gesproke, kan niks meer die kanker keer nie.
Sy wil niemand daardeur seermaak nie, nie bejammer word nie, nie verwerp word nie. Daarom hou sy Nico Weideman op ‘n afstand, veg sy teen haar liefde vir die groot man.
Maar mag sy oor ander se geluk besluit? Mag sy Nico keer om haar lief te he? Mag sy haarself die voorreg ontse om lief te he? Al is dit kortstondig?