Deliktereg is boedel as ‘n volledige inleiding tot die algemene beginsels van deliktuele aanspreeklikheid en die belangrikste verskyningsvorme van onregmagtige daad. Die boek is in die eerste instansie gerskryf met die oog op studente, aangesien die vernaamste beginsels van die deliktereg sistematies en krities behandel word. Ofskoon dit nie ons oogmerk is om die positiewe reg absoluut volledig weer te gee nie, kan praktisyns en regterlike beamptes die boek ook met vrug raadpleeg, omdat die gesaghebbendste bronne (regspraak en wetgewing) aangehaal en bespreek word. (7de Uitgawe)