Soos die Ooste en die Weste, so verskil Kleinkoos Wildenboer en lady Philippa. Hy op sy Karooplaas, sy van haar landgoed in Engeland.
Saam met haar ma kuier sy op die se geboorteplaas in die Karoo. Maar Philippa, oftewel Lady Flip, is g’n Engelse roos nie. Nie ‘n lady soos haar ma nie. Dit kom Kleinkoos gou agter.
Lady Flip het dorings. Nie geniepsig nie, net daar. Sy keer sy idee van ‘n vrou op sy kop. Mannetjiesagtig, besluit hy. En hy is ‘n vliespaleis met min tussen die ore, is haar slotsom. Maar sy begin ho jag, verlei hom, verwar hom. Hy’t nie verniet gese sy soen so-so nie.