• wat jou kind se unieke temperament is en watter ouerskap-styl die beste daarby pas
• hoe om jou jong boompies so te buig dat hulle nie knak nie
• waarom ‘n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie waarop om jou ouerskapinsette vir elke kind te fokus, sodat jy met jou beperkte tyd die grootste impak kan maak
• hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar verstaan
• hoe om jou kind se emosies, behoeftes en prestasies reg te hanteer sodat sy ‘n kind met karakter kan wees,
KWEEK KINDERS MET KARAKTER kan ook baie effektief in ‘n klein-groep aangewend word. Elke hoofstuk eindig met praktiese oefeninge, uitdagende besprekingspunte en kort Bybelstudies, Neem sommer ‘n hele paar ouers saam met jou op die pad uit die ouerskapoerwoud uit!