Keegan & Samier: Die sleutelspeurders – André Trantraal

R39,00

Hierdie kopie is splinternuut!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MB158 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
ISBN: 9780799397666
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Keegan & Samier: Die sleutelspeurders deur André Trantraal is die eerste boek in die reeks.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur… #1: Die sleutel-speurders Vrydagmiddag ná skool kuier Samier en Samia by Keegan totdat hulle pa klaar gebid het by die moskee. Op pad huis toe tel Jenni-Lee ’n bossie sleutels op. Ouma besluit om hulle te wys hoe vingerafdrukke werk en saam doen hulle ’n bietjie speurwerk… Sal hulle kan uitvind aan wie die sleutels behoort?

André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Hy is die skrywer van die strokiesprentboeke Stormkaap en Coloureds sowel as die bekroonde Keegan en Samier kinderboekreeks. Sy strokiesprent-werk, geskryf in beide Kaaps en Engels, het in Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus, Cape Times verskyn en was in Hamburg, Amsterdam en Kaapstad uitgestal. Sy Kaapse Afrikaanse vertaling van die veel bekroonde middelgraadse roman Ghost, geskryf deur Jason Reynolds, word benoem vir ’n UJ-prys en sy vertalings van die Kaapse gedigte van sy broer, Nathan Trantraal, verskyn in die New England Review. Hy is ’n pionier in die bevordering van geskrewe Kaaps.

Vendor Information

  • Store Name: MimiReads
  • Vendor: MimiReads
  • 5.00 rating from 1 review