Description
In die Skadu van ’n Legende is Pieter van der Westhuizen se eerlike en roerende biografie van sy broer, die ikoniese Springbok Joost van der Westhuizen. In hierdie huldeblyk gee Pieter ’n intieme blik op Joost se lewe – van sy glorie op die rugbyveld tot sy dapper stryd teen MND (motorneuronsiekte). Hy wys nie net die held nie, maar ook die mens agter die legende: vasberade, trots, kompleks, en soms kwesbaar.














