SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
- You can only add books from one vendor at a time. You will need to place an order from the one vendor first before placing an order with another vendor.
Description
Dokter van Ver – Malene Breytenbach
By ’n gedenkdiens vir Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi. Hy is op besoek in die land en ná ’n kort kennismaking moet hy terug Italië toe. Maar nie voordat Rafaella en haar ouers na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi is nie . . . Later gaan Rafaella en haar ouers Italië toe sodat haar ma op die Di Mareneschi’s se landgoed kan gaan rus ná borskankerbehandeling. Hier ontmoet Rafaella die sjarmante maar opdringerige operaster Luigi, Giulio se broer, asook die pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár. Luigi en Giulio het ’n geskiedenis van wedywer om ’n vrou. Sal Rafaella en Luigi se verhouding vlam vat, soos die arrogante Luigi glo, of is Giulio die regte dokter vir Rafaella se hart?
Yskoue, vuurwarm liefde – Madelein Malherbe
Sandra Botes vertrek as skeepsdokter op ’n vakansieskip na Antarktika om weg te kom van die onwelkome aandag van Max Meyer. Op die skip ontmoet sy vir Brandon, die ekspedisieleier, en vinnig ontwikkel daar ’n besonderse vriendskap tussen hulle. Brandon wil hulle verhouding na ’n volgende vlak neem, maar Sandra is effe onseker.
Dan leer ken sy die aantreklike blondekop Konrad Malan, wat saam met sy ouers op die skip is. Mettertyd kom Sandra agter dat sy deur vuur en water saam met die Malans sal gaan, maar beteken dit dat Konrad ook so voel? Is hulle aangetrokkenheid tot mekaar ’n vakansieromanse in ’n wonderskone omgewing, of is daar iets blywends tussen hulle? En wat dan van haar bewondering vir Brandon?
Dokter Draak – Rykie Roux
Die twee mans in die jong Livia Naudé se lewe kan nie meer verskillend wees nie. Daar is haar blonde broer Ben, vrolik en stralend soos die son, en sy beste vriend, Anton Duvel, donker en broeiend – en vir Livia geheel en al onweerstaanbaar. Hulle is pas gekwalifiseerde mediese studente, en sy staan aan die vooraand van haar opleiding as dokter. Maar toe die twee boesemvriende in ’n ongeluk beland, word hulle almal se lewens in ’n totaal nuwe koers gegooi. Toe Livia en Anton vier jaar later in die trauma-eenheid van ’n Pretoriase hospitaal weer ontmoet, het die sorgvrye mediese student in die ongenaakbare Dokter Draak verander. Boonop stry Livia stééds teen die roepstem van die liefde in haar hart.
Vendor Information
- Store Name: Boekhoekie
- Vendor: Boekhoekie
- No ratings found yet!
-

Betrayal – Danielle Steel
Vendor: Boekhoekie
R129,00 -

Dowe Gode – Dibi Breytenbach
Vendor: Boekhoekie
R140,00 -

Tjoklits Vir Die Siel – Susan Coetzer
Vendor: Boekhoekie
R60,00 -

Liar – Lesley Pearse
Vendor: Boekhoekie
R100,00








