SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
In God gee om deel Maretha Maartens haar diep persoonlike reis deur lyding en siekte, en hoe sy in die donkerste tye van haar lewe tog die teenwoordigheid van God ervaar het. Wanneer siekte jou tref, raak jy bewus van jou broosheid – van eensaamheid, skuldgevoelens, sterflikheid, vrees en geloofstwye. Hierdie boek is nie vol maklike antwoorde of oppervlakkige troos nie, maar eerlike gesprekke oor swaarkry en hoop. Maretha skryf vanuit die vuuroond van haar eie pyn en bied insig en bemoediging aan almal wat stoei – nie net siekes nie, maar enigeen wat die lewe se swaar kant leer ken het.