You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Die skielike ontluikende vroulikheid” van Tokkie en Bokkie, Jagershoek se identiese tweeling, het verskeie minder aangename gevolge meegebring. Hulle kon nie meer boomklim of saam met die dorpseuns rugby speel nie; hulle onwelriekende muti om die ontluikende vroulikheid” teë te werk, het die hele dorp en skool op horings gehad; en die nare juffrou Estelle Huizeman het daarin ‘n baie handige kapstok gevind om haar liefde vir die tweeling se pa, die wewenaar Henk Beukes, aan op te hang. En toe die troukoors tussen juffrou Huizeman en Henk hoog loop, besluit die tweeling dat dit hoog tyd is dat hulle moet ingryp en self vir hulle ‘n aanvaarbare ma moet uitsoek. Maar hoc? Dit het nogal baie kopkrap gekos – totdat hulle met die idee van Eensaam op wegdraai vorendag gekom het. Natuurlik, hulle sou adverteer en hulle hét ook. En hulle hét ook die ideale ma gekry in die persoon van die blonde Lara Kirsten. Maar die knoop het by pa Henk gelê. Hy het nie geweet wat aan die gang is nie. En Lara het ook nie werklik geweet wat die onmoontlike tweeling in die mou gevoer het nie. En wat sou juffrou Huizeman sê as sy van dié ding te hore moes kom Eensaam op Wegdraai is ‘n Ena Murray wat heerlik anders is, ‘n boek wat die leser onmoontlik nie kan neersit voordat die verrassende einde aanbreek nie.