SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
- You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Description
Don Quijote was die wêreld se eerste volwaardige roman, en bly vandag nog een van die grootstes. Dit is sedert publikasie vroeg in die sewentiende eeu al in dosyne tale vertaal, en beklee ‘n belangrike posisie in die kultuurbesit van feitlik elke beskaafde volk. Die verhaal van Don Quijote en Sancho Panza, dolende ridder en sy agterryer, bekoor lesers wêreldwyd dus al eeue lank.
Vroeë uitgawes in Afrikaans was dikwels baie sterk verkort, met behoud van slegs die mees bekende avonture en episodes in die oorspronklike roman. Maar in 1966 het hierdie vertaling uit Spaans deur André Brink verskyn, die volledigste vertaling in Afrikaans en die enigste waarin die gees en tekstuur van die oorspronklike in belangrike mate bewaar is. Om net aan Don Quijote te dink as die mal ridder wat windmeulens bestorm het, sê André Brink tereg in sy voorwoord, doen ‘n onreg aan “Cervantes se magtige boek, die vader van alle moderne romans”.
Hierdie uitgawe is ook die eerste en enigste Afrikaanse uitgawe met die outentieke oorspronklike illustrasies van Gustave Doré, wat deur die jare al so innig met Don Quijote verbonde geraak het dat ‘n standaarduitgawe sonder hulle feitlik ondenkbaar is.
Vendor Information
- Store Name: Bee's Books
- Vendor: Bee's Books
-
Bridget Jones: Mad About the Boy – Helen Fielding
Seller: Bee's Books
R35,00 -
Eragon – Christopher Paolini
Seller: Bee's Books
R50,00 -
The little flower shop by the sea – Ali McNamara
Seller: Bee's Books
R30,00 -
Psalms & Gesange
Seller: Bee's Books
R25,00 -
Die eerste lewe van Adamastor – André P Brink
Seller: Bee's Books
R50,00 -
Heartbreak house – Bernard Shaw
Seller: Bee's Books
R40,00