Description
Die jong dokter Erika Werner koester ’n onvoorwaardelike en selfopofferende liefde vir die hoof van die kliniek, Dr. Bornholm. Maar vir hom is hierdie liefde niks meer as ’n middel tot ’n doel nie. Die begaafde chirurg het net één strewe: om die hoogste sport van sukses te bereik. Sonder gewetenswroeging offer hy alles en almal daarvoor op…











