SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Vyf ongetroude susters woon saam in een huis. Wanneer een van hulle koelbloedig doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die vermoorde suster, Rosa, allermins geliefd was en dat talle mense haar graag uit die pad wou hê.
Moord- en Roofspeurder Adriaan Kruger, wewenaar en bedrewe origami-beoefenaar, moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker. Maar dis makliker gesê as gedaan – veral wanneer hy toenemend sukkel om te verhoed dat sy gevoelens vir die hoofverdagte met sy gesonde oordeel inmeng.
Die vyf susters is die eerste titel in ‘n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. Hierdie reeks is net die regte medisyne vir alle leunstoel-kriminoloë wat hou van ‘n skerpsinnige whodunnit wat met ‘n tikkie romanse en humor gepaardgaan.
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack
-
Nog 13 Spookstories – Francois Bloemhof, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs
R40,00 -
As Free as a Bird – Peter Johnson
R50,00 -
The Bride’s Diary – Lizelle Further
R30,00 -
Daar’s Altyd Nog Drome – CF Beyers-Bofhoff
R15,00 -
A Still, Small Voice – Kim O’Brien
R30,00 -
Becoming Myself: Embracing God’s Dream of You – Stasi Eldredge
R150,00