Die Vrese van ons Vaders: Die Indoktrinasie van die Afrikanerkind is ‘n beredeneerde kritiek op die onderdrukking van kennis en die wederregtelike geloofsindoktrinasie van kinders in openbare skole. Die boek werp nuwe lig op die aard en rigting van geloof, veral in Suid-Afrika. Die reguit, soms gevatte teks word deurgaans aangevul met verwysings na ‘n uitgebreide reeks bronne en ervarings van die skrywer, insluitend die 2009-persdebat oor godsdiens in skole.