SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Die Volledige Bakboek bied meer as 250 resepte wat die klassieke familie-gunstelinge insluit, maar ook ‘n versameling vir dié wat hou van resepte met ‘n kinkel. Die boek bespreek basisbestanddele (bv. meel, suiker, eiers en rysmiddels), gee raad oor die keuse van bakware, oondvoorbereiding, seevlakgids tot bak en vinnige omskakelings. Daar is ook ‘n hoofstuk met tradisionele gebak soos Soetkoekies, Melksnysels en Souskluitjies. Beremengsels is nog ‘n hoogtepunt wat bakwerk vinniger en goedkoper maak jy maak een groot mengsel en deel dit dan in porsies om later op ‘n verskeidenheid maniere te gebruik. Die Volledige Bakboek is uiters bruikbaar, propvol inspirasie en die resepte 100% betroubaar.
Ook beskikbaar in Engels as The Ultimate Book of Baking.
Heille Pienaar se boeke is ‘n moét in elke kombuis –
haar wye kennis van kosvoorbereiding en veral bakwerk verseker dat sy ‘n gesogte vryskut huishoudkundige konsultant en stilis is. Sy is die skrywer van vyf boeke
Vendor Information
- Store Name: The Trading chain - Brackenfell
- Vendor: The Trading chain - Brackenfell