Description
Die Rietrotte ontspoor is ’n kinderavontuurverhaal deur Nerine Ahlers en die agtste boek in die Rietrotte-reeks. Die Rietrotte is lus vir nog ’n kampeeravontuur en gryp die geleentheid aan wanneer Malebo se broer, Thabo, hulle nooi om ’n naweek saam met hom in die wildtuin deur te bring.
Hulle eerste aand neem sommer ’n spannende wending wanneer dit lyk asof daar ’n leeu in die kamp is. ’n Wildrit bied die kans om die park verder te verken en allerlei diere te sien – enigiets behalwe ’n leeu! Maar die uitstappie verloop glad nie soos beplan nie, en die Rietrotte leer vinnig dat die natuur nie iets is om ligtelik mee te speel nie.
’n Goeie keuse vir jong lesers wat van Afrikaanse avontuurverhale, kamp, wilde diere en stories met ’n goeie dosis spanning en humor hou.
























