SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk.
Grant Kennedy was sy lewe lank onder die indruk dat sy pa oorlede is, maar hier sit hy nou langs sy ouma Dollie, op pad na sy pa se familieplaas, Weerbegin. Hy het nie eens geweet van die bestaan van die Massyns nie, wat nog te sê dat hulle familie is! Boonop is hulle vooraanstaande lede van die gemeenskap en nou word daar van hom verwag om in sy pa se voetspore te volg.
Om sy pa te ontmoet, is wonderlik, maar Grant sal moet besluit wat hy wil hê – Londen of Weerbegin, ‘n Ymaha-handelaar of ‘n perdeplaas, Nadia of Stephanie. Skielik lyk die toekoms nie so eenvoudig nie. Op haar beurt bekommer sy ma, Patsy, haar ook oor die toekoms. Dirk is haar groot liefde en sy smag daarna om hom terug te hê in haar lewe, maar is dit hoegenaamd moontlik?
Grant en Patsy is nie die enigstes wat met verlange rondloop nie – daar is ook Oudokter, die een wat ander se wonde heel maak, maar sy eie nie gesond kan kry nie. Al wat hy ken, is die blou pad van hartseer en eensaamheid. Hy wag al twintig jaar vir die liefde van sy lewe, soveel jaar om die verlange van sy hart te stil.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop