SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
- You can only add books from one vendor at a time. You will need to place an order from the one vendor first before placing an order with another vendor.
Description
Die heelal op my tong is Anoeschka von Meck se nuutste roman.
Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ‘n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ‘n kluis in ‘n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ‘n afgrond te boender.
Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos ‘n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is ‘n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees en te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as ‘n grondeis. ‘n Ma wat paniekaanvallle oor suiwel en selluliet gekry het en ‘n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood.
Die is ook die storie van Pa. ‘n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou.
Van Kaapstad na San Francisco en ‘n dwelmdieet in Sri Lanka – met ontvoerings, partytjies, ‘n seksles in Hongkong se hawe en ‘n onvermydelike ontmoeting met ‘n onbekende man – tref Anoeschka von Meck se roman jou soos ‘n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.
Vendor Information
- Store Name: MimiReads
- Vendor: MimiReads
-

Dis koue kos, skat – Marita van der Vyver
Vendor: MimiReads
R119,00 -

Maak klaar daarmee – Paula White
Vendor: MimiReads
R79,00 -

Z-A-K: Die reis na Zenkion – Theresa van Baalen
Vendor: MimiReads
R129,00 -

Twa die Tydloper – Anoeschka von Meck
Vendor: MimiReads
R249,00 -

Tippie Does Maths – Level 2, Book 9 – Learning More About Money
Vendor: MimiReads
R59,00 -

Pluk vir my ‘n kosmos – Ben en Andriette Otto soos vertel aan Maretha Maartens
Vendor: MimiReads
R79,00













