Description
Die kinderverhaaltjies wat in hierdie boekie saamgevat is, is van die laaste wat deur Mikro geskryf is en verskyn vir die eerste keer na die oorlye van die skrywer.
Hierdie vyf verhaaltjies bied aan die jong lesertjie ‘n verskeidenheid binne dieselfde bundel. Die verhaaltjies is nie van dieselfde aard nie en wissel van ‘n sprokie tot ‘n fantasie tot die werklikheid. Die kleurryke illustrasies sal enige jong hart verbly.
Hierdie verhaaltjies kan deur die ouer of onderwyser aan die kleuter voorgelees word, en kan ook deur die jonger skoolkind self gelees word, aangesien die taal-gebruik en lettergrootte ook hier-voor voorsiening maak













