Published in 1982, still looks good for its age. Pages have yellowed, still very readable. Some shelfwear. Some creasing on the cover. A prominent crease on the spine which corresponds with the parting of pages inside the book (see picture), but the binding remains strong. Previous owner’s name and date in pen and old price in pencil. Some residue of an old sticker on the back cover. Clean pages, no dog ears.
‘n Aangrypende roman – meesleurend en dramaties – ‘n meesterskepping an die wêreldberoemde Heinz G. Konsalik.
In die kasteel Bernegg, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog as militêre hispitaal vir oorlogsverwondes gebruik word, is daar geen spieëls nie. En die vensters is van matglas, sodat geeneen van die 132 pasiënte dit kan sien wat hulle nie sou kan verduur om te aanskou nie: hul eie gesigte.
Hierheen word sersant Erich Schwabe, 26 jaar oud, in die winter van 1944 gebring. Hy leef – maar sonder ‘n gesig. Jare lank word daar op hom geopereer totdat, deur die wonderkuns van die snydokters, ‘n gangbare gesig vir hom opgebou is. Sewentien jaar lank moet hy ‘n stryd voer om weer sy pad te vind na sy vrou en na die lewe.
Hierdie roman, gebasseer op die werklikheid, verbeeld die lyding van soldate wat so deur die oorlog geskend en mismaak is dat hul eie mense hulle nie meer kan herken nie. Onvermydelik het hul lotgevalle verstrengel geraak met dié van die geneeshere, van wie se vernuf alles afgehang het, en die verpleegsters wat elke dag met hulle te doen gehad het en die rol van vrou in hul lewe moes vervul.
Daar word gesê dat Konalik geen ontroerender roman geskryf het nie as Die geskende gesig.