Description
Jaco en Liesl moet verhuis nadat hul pa sy werk verloor het. Hulle bevind hul op Marakaibo – ‘n plaas met ‘n ryk en geheimsinnige verlede. Vreemde dinge gebeur; geheime spore, nagtelike besoekers, ‘n skat, verraaiers, en ‘n amper noodlottige geweerskoot maak hierdie Desember vakansie onvergeetlik.
“Sy het my geskiet”, sê hy doodnormaal en verbaas. “Sy het my wragtag raak geskiet”. Sy oë dop om en hy sak stadig inmekaar.














