Description
Die Feetjiepolisiediens deur Leon-Ben Lamprecht is ’n humoristiese Afrikaanse kinderboek waarin Kaptein Fanie en Sersant Saarkie drie vreemde sake in Feetjieland moet oplos. Iemand het al die pap by die De Beer-gesin gesteel, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, het verdwyn en Hansie en Grietjie Fick is weg. Die leidrade lei na ’n geheimsinnige gemmerbroodhuisie!
Met prettige illustrasies deur Zinelda McDonald en ’n vars, komiese draai op bekende sprokies is hierdie boek ideaal vir kinders wat van humor, avontuur en speurverhale hou.




















