Description
Al die windrigtings van my wêreld deur Rachelle Greeff is ‘n boek oor skoonheid, sensualiteit en grasie.
Van ‘n lawende uitvaart na Londen keer Kiewiet terug na Kaapstad vir haar ouma Riet se begrafnis. En na die hele Suid-Afrikaanse register van daaglikse aftakeling en dood.
Dit word haar wêreld, in haar huis genestel teen Tafelberg, die standhoudende.
Daar eb en vloei die seisoene opeenvolgend deur haar: ommekeer en afskeid, die liefde van haar mense, haar verwondering in haar seuns en die kostelike feeste wat sy optower in haar kombuis.
Ook die asem van die liefde wat onverwags weer in haar lewe. Onderwyl van haar geliefde Riet immer hoorbaar in die wind, almaardeur getuienis uitgaan van ‘n bestaan wat heel was, en wys, en voluit geleef.













