Description
50 Eenpotgeregte bevat vyftig smaaklike disse wat alles in een kastrol, pan of bak voorberei kan word. Sodoende kan jy lekker en voedsame maaltye berei sonder om onnodige tyd in die kombuis te spandeer. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is, of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

















