SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Kan ‘n aangebrande pot gered word? Hoe gemaak met vlooie en ander pestilensies in die huis? En wat moet ek doen om van hierdie hardnekkige vlek ontslae te raak? 1000+ Wenke vir jou huis gee jou in ‘n japtrap al die kortpaaie om sake in en om jou huis netjies en agtermekaar te hou. Elke trotse huishouer of ouer het die boek nodig as nuttige naslaangids en bron van inspirasie. ‘n Hele rits onderwerpe word gedek, van veiligheid in die huis tot skoonheidswenke, die instandhouding van elektroniese ware tot tuinmaak. Die wenke is kort en bondig en waar nodig in maklike stappe opgebreek. Die hoofstukke is volgens kleur ingedeel, en aan die einde van elke hoofstuk is daar plek vir jou eie notas. Van die vrae waarop jy antwoorde sal kry is: Hoe kan jy spaar deur eenvoudig beter te beplan? Hoe kan jy groener lewe? (Omgewingsvriendelike wenke word deurgaans met ‘n simbool aangedui.) 1000+ Wenke vir die huis is die een omvattende en onontbeerlike bron waarsonder jou huis nie kan klaarkom nie.