Die Wet Het Van My ‘n Kleurling Gemaak — Dr. N. S. Jansen Van Rensburg

R50,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Toestand: Goed.
Eerste Uitgawe, Potchefstroom Universiteit , 1989, Klein pamflet – Afrikana – 14 pp.

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart
Categories: , ,
BookDaddy

5.00

(1 Review)

Description

“Volgens die verslag van die Theron-kommissie (1976) is die enigste element wat ‘n kategorie soos die Kleurlinge met mekaar gemeen het, dat hulle deur die Bevolkingsregistrasiewet as “Kleurlinge” geklassifiseer word. Dit sou dus noodsaaklik wees om indringend na die aard en samestelling van hierdie kategorie te kyk om te bepaal op welke wyse hulle as statutêre kategorie tot stand gekom het en voortbestaan.

Om hierdie rede moet die spesifieke omstandighede wat betrekking het op die toepassing van hierdie Wet, nagegaan word. Alhoewel die fokus in hierdie studie op die sogenaamde kleurlinge en die definiëring van hierdie kategorie deur wetgewing is, kan die bespre king nie duidelik wees indien daar nie deurgaans na die ander kategorieë in die Suid-Afrikaanse opset verwys word nie.

Dit is nie slegs Kleurlinge wat deur wetgewing gedefinieer word nie, maar alle individue in Suid-Afrika moet geklassifiseer word, en op grond van hierdie klas sifikasie word hul posisie in die Suid-Afrikaanse samelewing bepaal. Om hierdie rede en ander wat in die loop van die uiteensetting duidelik sal word, sal daar by die bespreking soms ter wille van verheldering en duidelikheid na die omskrywing en posisie van die ander kategorieë verwys word. Verder is dit verstaanbaar dat alle bevolkingskategorieë in Suid-Afrika geraak word deur die mate van duidelikheid en sukses waarmee ‘n kategorie soos die Kleurlinge aangedui kan word.”

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.