Dans Met Die Rooi Rok – Woutrine Theron

R80,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Condition: Like New
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Woutrine Theron se Dans met die rooi rok is nie so ‘n plesierige boek soos ‘n mens dalk van die titel – en met die eerste aanblik, voor jy die hand in die gras raaksien – kan dink nie. Maar daar is genoeg humor en ligtheid om die donkerte te temper.

Karolien is ‘n vrou wat onafgehandelde kwessies in haar omdra, ‘n vrou wat moet kom afskeid neem van die ma met wie sy nooit ‘n werklik sinvolle verhouding kon hê nie. Op sigself geen maklike taak nie.

Maar sy kry veel meer as die ingewikkeldhede van familieverhoudings en die pyn van afskeid. Sy kry die lyk van ‘n mooi jongman met treffende blou oë.

Geleidelik raak sy al hoe dieper betrokke by die oplossing van die moord. En sy kom op skokkende en gruwelike dinge uit die verlede af. Dinge wat haar baie direk raak, dinge wat die pa raak wat sy haar lewe lank op ‘n voetstuk geplaas het. Dinge wat deur die ganse gemeenskap toegehou is, kom nou aan die lig.

In die proses word Karolien ‘n sterker vrou met meer insig in haar eie en andere se lewens. Uiteindelik staan sy as ‘n nuwe mens aan die begin van ‘n nuwe (ou) verhouding.

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.