Description
In Permanente Ink word Kaapstad deur ‘n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet- moordenaar se slagoffers is verliefde paartjies wat vermoor word. Die meisies het almal ‘n steekwond in die bors en die seuns is vergiftig. Die moordenaar laat daarna ‘n permanente inkmerk op elke liggaam van sy slagoffers. ‘n Groepie niksvermoedende tieners beland in die gevaarlike web wat al stywer span.












