Description
As daar een saak is wat deel van elke Christen se daaglikse lewe behoort te wees, is dit om te bid. Maar wat is gebed? Wat doen jy werklik wanneer jy bid? In Die Wierook van ons gebede skryf Jannie du Preez oor hierdie vrae, en nog vele meer. Hy gee aan sy lesers antwoorde uit die Bybel. Want waar anders sal ons die regte antwoorde op ons vrae kry? Dit is sy gebed dat Die wieroook van ons gebede elkeen wat dit lees, sal help om hulle nie net in die betekenis van gebed te verdiep nie, maar in die gebed self.





















