Description
Na die skielike dood van sy vrou in ‘n motorongeluk, sukkel Johan Terblanche om die mas op te kom. Hy het ‘n sakeonderneming om te bestuur en moet boonop pa én ma vir sy drie kinders te wees.
Paula Louw reageer op sy koerantadvertensie vir ‘n huishoudster omdat sy meer tyd saam met haar dogtertjie wil deurbring.
Paula wil nie op Johan verlief raak nie, maar na ‘n onverwagte passievolle soen kan sy aan niemand anders dink nie.










