Omnibus 6 – Elza Rademeyer

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Softcover
Book Condition : Very Good
No. of pages : 516
ISBN-13 : 978-0-624-05785-7
Barcode : 9780624057857
Publisher & Date : Jasmyn in 2013

Book Condition: Very Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 6 van ’n immergewilde skrywer se werk bestaan uit drie liefdesverhale

Duwweltjiepad (1994): Rudolf Mulder, jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe bestaan uit sport, meisies en partytjies. Totdat die noodlot sonder genade ingryp. Die prys vir ‘n oomblik van hartstog met die wulpse, blonde Julia Saunders in sy voortsnellende motor is bitter duur: Wanneer hy sy bewussyn in die Conradie-hospitaal herwin, is sy onderlyf verlam. Hier in die hospitaal kom Rudolf agter hoe die Here vooruitloop om die dorings uit die pad te vee. Daarom kan hy weer ja sê vir die lewe. ‘n Tweede, identiese Rudolf Mulder verskyn op die toneel …

Klopdans van die liefde (2005): Wanneer dokter Pennie de Villiers haar Anton in ‘n vurige omhelsing met ‘n ander vrou betrap, is sy verward en verdwaas. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is arrogant en verwaand, dink sy. Maar dié man, Pieter Wasserman, is baie aantreklik – digte swart hare, lang syagtige wimpers, die effense skynsel van baardstoppels op sy sonbruin wange, sensuele lippe … Al is sy baie aangetrokke tot Pieter, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie – hy lyk gevaarlik. Het hy ‘n skadukant, of is dit bloot haar verbeelding? En steeds sukkel sy om ontslae te raak van die knaende Anton; hulle was destyds nog op die punt om verloof te raak.

‘n Stukkie van jou hart (2007): Dokter Lara Strydom is aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help. Kort voor lank is sy egter glad nie meer so seker dat sy wil teruggaan stad toe nie, want die dorpie en sy mense begin al hoe meer in haar hart kruip. Veral wanneer sy die aantreklike Paul Sauerman met sy gitswart hare en sy kruppel been beter leer ken. Maar Paul dra ‘n bitterheid in hom wat hulle albei se geluk op die spel plaas. Waarom sien hy nog die beeldskone Jessica, die vrou wat hom kort na sy ongeluk vir sy broer verruil het?

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.