SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
Die komplekse karakters in Wildekus deur skrywer Morné Malan wek interessante morele vrae op, en daar is ‘n effektiewe ineenvlegting van persoonlike soektog en sielkundige raaisel. Die skrywer se sterk skryfwerk word beklemtoon deur uiteenlopende karakterstemme.
Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word. Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wereldbeskouing laat nie plek vir wonder nie.
Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word. Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wereldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. Wanneer Lea se ma egter sterf,
gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou.
Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ‘n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ‘n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ‘n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld.
Sy dogter ook. Na bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hy moet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil he. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, ‘n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.
Vendor Information
- Store Name: MimiReads
- Vendor: MimiReads
-

Proe Pretville – Leana Pool
Vendor: MimiReads
R149,00 -

Men are from Mars, Women are from Venus – John Gray
Vendor: MimiReads
R79,00 -

30 Dae tot ‘n ongelooflike jy
Vendor: MimiReads
R39,00 -

Peppa Pig Sticker Activity Book – Mermaids, Unicorns & Dragons
Vendor: MimiReads
R70,00 -

Vyf Verlore Vere – Giulia le Roux
Vendor: MimiReads
R149,00 -

Bastian Blom En Die Gillende Geraamte – Jaco Jacobs
Vendor: MimiReads
R139,00













