Van aangesig tot aangesig deur Solly Ozrovech is ‘n eenjaar-gebedsjoernaal wat jou gebedslewe met nuwe betekenis sal vul. Dit moedig tweerigtingkommunikasie met God aan en sal jou laat besef: wanneer God praat, moet jy luister, en wanneer jy luister, sal jy hoor hoe God met jou praat. Die joernaal fokus op gebede uit die Bybel wat ondersteun word deur ‘n kragtige oordenking vir elke dag van die jaar. Elke bladsy bied ook ruimte vir jou eie gedagtes, gebede en gesprekk met God.