Esti Muller loop na jare weer haar studentemaat, Berna Erwee, raak. Sy is geskok om te sien hoe verwaarloos en lusteloos Berna daar uitsien.
Toe Esti genooi word om by Berna te gaan kuier, aanvaar sy die uitnodiging. Op Avenant, die klein dorpie waar Berna woon, kry Esti weer ‘n skok toe sy sien hoe Berna se blyplek lyk. Boonop tree Berna eienaardig op teenoor haar seuntjie en dit laat Esti wonder…
Op Avenant ontmoet sy ook vir Nel Avenant en Jurie Vermaak en hoor hulle hartseer verhaal. Dan is daar nog Berna se verbitterde broer, James Durand…