This book is in very good condition, considering its age. Minor damage on the bottom left corner of the outside front cover. No pen/highlighter marks inside the book. No torn or missing pages.
Blake hoor hoe die voetstappe van die Bedoeïene in die oerwoud wegsterf. Hy spartel en trek teen die toue, maar die kameelleerrieme gee nie ‘n duim skiet nie. Die maanlig skyn onder die bome in en verlig die omgewing waar Blake lê. Hy sluit sy oë vir ‘n rukkie en as hy weer oopmaak, sien hy die gloeiende oë, voel hy hoe dit soos vuur op hom brand. Hy kan nie wegkyk van die groot, grommende figuur wat homself plattrek en stadig nader kruip nie. Hy sien hoe dit skielik spring met die ratsheid en snelheid van ‘n gewone huiskat en terselfdetyd sien hy iets anders deur die lug trek. Die luiperd word in die middel van sy sprong tot stilstand gepluk en dan in ‘n boom bokant hom opgetrek deur die tou wat om sy nek geval het.