SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Stoffel in Afrika is die vyfde boek oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier – bied ’n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika.
Om skatryk kliënte op die gesogte gorillasafari’s in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan ’n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in ’n durende poging om Afrika te deurgrond.
Hierdie verhale volg opnuut ’n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroeë jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere – wat altyd sorg vir ’n krisis of twee!
Vendor Information
- Store Name: BookDaddy
- Vendor: BookDaddy
-
Ageless Body, Timeless mind – Deepak Chopra
R40,00 -
Neuro-Anatomical Acupuncture, Vol 1 – Joseph Y. Wong
R69,00 -
Misconceptions: Truth, Lies And The Unexpected On The Journey To Motherhood – Naomi Wolf
R49,00 -
Self-Made Man – Norah Vincent
R69,00 -
Glenn Agliotti: A Biography – Peter Piegl, Sean Newman
R40,00 -
The Awakening – Kate Chopin
R48,00