Soos ‘n diep waterkuil – Peet Venter

R150,00

Boel Helberg ontvang ‘n oproep van ‘n jong vrou se moordenaar waarin hy sê wie die vrou is en waar hy haar lyk sal kan vind.  En net vir ingeval Boel dink dit is ‘n siek grap, volg daar ‘n video wat toon hoe die vrou op afskuwelike wyse geskend en vermoor word.  Die oproep en die video kom van die vermoorde vrou se selfoon af.

Boel lei ook daaruit af dat ‘n reeksmoordenaar hier vaardig is, want die skor stem stel hom bondig in kennis:  “Eers was daar een.  Toe was daar twee.  Nou is daar drie.”  Maar waar om te soek op die lys van soveel vermiste jong vroue?  Beskadigde vroue.  Op soek na ‘n pa?  ‘n Manier om wraak te neem op ‘n pa wat afwesig of onverbiddelik was?  Hy weet nie.

Al wat hy weet, is dat sy vrou veel jonger as hy is en dat sy dogtertjie, wat net vier is, ook ‘n jong vrou gaan word.  Dit is een van sy dryfvere, die ander is dat die moordenaar ‘n speletjie met hom speel waarin hy moet wen.

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MSB0272 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
ISBN: 9780799388312
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Share with friends: