SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Monster van Rudie van Rensburg is ‘n psigologiese riller en misdaadfiksie roman. Dit duik in die donker kant van die menslike natuur, en fokus op misdaad, moraliteit, en die kompleksiteit van sy karakters.
Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by ’n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, ’n gesiglose steunpilaar van die CIA.
Intussen word ’n wêreldbekende Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie. Hy besef hy hou dinamiet in sy hand vas. Maar as hy sy kaarte reg speel, wen hy dalk ’n sorgelose nuwe lewe.
Gevolge van dié joernalis se besluite kring verder uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Sy pad kruis weer met dié van Sarah, ’n bekende word grusaam keelaf gesny, en soortgelyke politieke moorde word uit die verlede opgediep. Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.
En wie is die geheime tussenganger, Bahir, wat Saoediese sake in Suid-Afrika onder ’n dekmantel orkestreer…
Vendor Information
- Store Name: Boekhoekie
- Vendor: Boekhoekie
-
Halwehuis Liefde – Alma Carstens
Seller: Boekhoekie
R15,00 -
The Magnete’s Marriage Demand – Robyn Grady
Seller: Boekhoekie
R50,00 -
Dowe Gode – Dibi Breytenbach
Seller: Boekhoekie
R140,00 -
Roses in silk and organza ribbon – Di van Niekerk
Seller: Boekhoekie
R333,00 -
Diamant en Saffier – Maryna van Bergen
Seller: Boekhoekie
R30,00 -
Net vir ‘n seisoen of twee – Dina Botha
Seller: Boekhoekie
R50,00