Monster – Rudie van Rensburg

R365,00

 

 

 

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: SKU13 Categories: , ,
Book Condition: Very Good
ISBN: 978-0-7958-0248-5
Book Cover: Softcover
Share with friends:

Description

Monster van Rudie van Rensburg is ‘n psigologiese riller en misdaadfiksie roman. Dit duik in die donker kant van die menslike natuur, en fokus op misdaad, moraliteit, en die kompleksiteit van sy karakters.

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by ’n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, ’n gesiglose steunpilaar van die CIA.

Intussen word ’n wêreldbekende Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie. Hy besef hy hou dinamiet in sy hand vas. Maar as hy sy kaarte reg speel, wen hy dalk ’n sorgelose nuwe lewe.

Gevolge van dié joernalis se besluite kring verder uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Sy pad kruis weer met dié van Sarah, ’n bekende word grusaam keelaf gesny, en soortgelyke politieke moorde word uit die verlede opgediep. Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

En wie is die geheime tussenganger, Bahir, wat Saoediese sake in Suid-Afrika onder ’n dekmantel orkestreer…

Vendor Information