In Miskruier volg ons Braam Fourie, ’n joernalis op die vlug deur ’n onheilspellende, amper post-apokaliptiese Suid-Afrika van 2009. Die land is oorheers deur Die Virus – ’n onbekende pandemie wat daagliks duisende mense eis – én deur die diktatorskap van Nkosi Nyende, ’n tiran wat elke greintjie vryheid verswelg het.
Die roman neem lesers op ’n spanningsvolle rit deur ’n wêreld waar niks meer seker is nie. Met sy asemrowende tempo en geloofwaardige karakters, bring Jaco Botha ’n Suid-Afrika tot lewe wat tegelyk bekend én beangstigend vreemd is.