“Vanaf Mallemole begin Boerneef ook om die stadswêreld te betrek, waar die verlatenheid en eensaamheid te midde van die gewoel uitgebeeld word. Die bundel bevat dan ook hipermoderne verse soos Varkleerbaadjie en klinknaelbroek, waarin die heel nuutste neigings onder die jongmense in die stad skitterend saamgevat word.
Sy poësie is paradoksaal in die sin dat dit die bestaan van die primitiewe mens en ding vertolk, maar terselfdertyd ’n geraffineerde stilering het wat van sofistikasie getuig. Sonder om te bely of ’n les te bevat, dokumenteer die gedigte ’n waarneming van ’n wêreldbeeld in ’n vaardige spel met eenvoudige woorde.” – WIKI