Logika van die hart – Anna Penzhorn

R15,00

In good condition for a used book.   The former owner’s name or other minor markings might be on a non-essential page.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Very Good
ISBN:
Book Cover: Hardcover
Mel's book shack

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Die dokter met oe van die kleur van gesmelte donkersjokolade slaan Corlia se voete onder haar uit.  Sy is so meegevoer deur hierdie man met die bonkige skouers en sexy dimpel in sy ken dat sy sonder teestribbeling toelaat dat hy haar Charlotte noem en ‘n verloofring aan haar vinger steek.

Teen die tyd dat sy tot verhaal kom, is sy in ‘n hoek vasgeverf.  Haar verstand se vir haar dat sy so gou as moontlik met die waarheid moet uitkom, maar haar hart wil nie luister nie.  Teen alle sin en rede in gaan sy voort met haar rol as dubbelganger en raak lief vir ‘n man wat aan iemand anders behoort.

Weke lank ry haar gemoed wipplank.  Sy is dolgelukkig wanneer Bernard by haar is, maar voel ellendig wanneer sy aan hom en Greta dink.  Sy voel asof sy op ‘n styfgespande koord loop, asof sy haarself dieper en dieper in ‘n web vasweef, maar teen die logika van haar hart is sy magteloos.

Asof dit nie genoeg is nie, ontdek Corlia iets uit haar verlede wat die hele situasie in ‘n ander lig stel en haar penarie net vererger.  Is Erika die sleutel tot die geheim waaroor sy al jare lank wonder?  Is sy bly daaroor, of nie?  Wat dan van Bernard?

Corlia besef dat sy die waarheid in die oe moet kyk.  Of sy hou daarvan, of nie – dis die enigste manier om antwoorde te kry.  Sy moet dadelik vir Bernard se dat sy hom ‘n rat voor die oe gedraai het.  Of het sy nie?

 

Vendor Information