Amelia kyk wke lank verlangend na die goue Labrador en sy baas wat soggens met die geel Volksie aangesnork kom om teen die koppie in die natuurreservaat uit te klim. Sy is al so moeg om in die strate op en af te stap, maar alleen kan sy dit tog nie in die veld waag nie. Eindelik skraap sy moed bymekaar en druk ‘n briefie onder die Volksie se ruitveer in. Kan sy asseblief saamstap?
En so stap Tino Pantani en De Leeuw letterlik en figuurlik in Amelia se lewe in. Van haar voorneme om die stappery saaklik en onpersoonlik te hou, kom nie veel nie. Tino laat haar weer lus voel vir die lewe, laat haar van Ben vergeet, laat haar warm en veilig voel.
Maar gaan die geskiedenis hom weer herhaal? Want net soos Ben, vertrek Tino landuit sonder enige beloftes … selfs sonder enige liefdeswoorde.