You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Lees- en spellingprobleme: Diagnosering en Remediëring – Nicolette A de Beer
R200,00
Still a good-looking copy for its age (1083). Pages have not yellowed much, strong binding, and little sign of wear and tear. A few pencil marks (see picture). Old price sticker.
Lees- en spellingprobleme: Diagnosering en Remediëring deur Nicolette A de Beer is vir die onderwysstudent, die onderwyser en die opvoekundige wat in remediërende onderwys spesialiseer. Vir hulle sal hierdie boek sekerlik ‘n baie waardevolle toevoeging op die boekrak wees.
Voorwoord deur Prof JC Kok, Randse Afrikaanse Universiteit:
“Die bemeestering van lees en spelling is vir die lerende kind die belangrikste sleutel tot die ontsluiting van ons kultuur. Die feit dat soveel leerlinge ernstige probleme ondervind om hierdie vaardighede onder die knie te kry, maak dit nodig dat elke onderwyser in ons tyd minstens ‘n paar basiese dinge van remediërende onderwys moet weet, en minstens sinvol in ‘n remediërende onderrigprogram moet kan meewerk. Dit is immers wenslik dat elke leerling die hoogste mate van sekerheid en soepelheid, wat in lees en spelling vir hom of haar moontlik is, moet bereik.
Die skryfster het hier ‘n omvattende, praktiese werk daargestel wat naas ‘n baie handige opleidingsinstrument, ook as ‘n goeie naslaanwerk vir die persoon in die praktyk beskou kan word. Die werk berus op uitgebreide praktiese ervaring en op goeie wetenskaplike geskooldheid. Die oorspronklikheid en skeppende denke wat hierin vervat is, kan nie misgekyk word nie. Die Afrikaanse literatuur is betreklik arm aan noemenswaardige bronne op die terrein van die remediërende onderwys. Dit is juis in hierdie opsig wat dié werk ‘n besondere bydrae lewer.”