SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Jy is vasgevang.
Jy weet nie hoe jy in hierdie gemors beland het nie. Jy is vasgevang in gewoontes en sondes waarvan jy nie kan wegbreek nie. Jy is ‘n Christen, en hierdie tipe ding gebeur mos nie met Christene nie – of so is jy vertel.
Jy is nie alleen nie.
Die Bybel waarsku ons herhaaldelik dat alle Christene in ‘n stryd gewikkel is met Satan en sy bose magte. Maar jy hoef nie in hierdie innerlike geestelike konflik vasgevang te bly nie. Die oplossing is binne jou bereik.
Byvryding van kettings bespreek die hoekom en hoe van geestelike oorlogvoering asook Satan se slinkse stryd. Dit ontbloot die kragtige waarheid wat die hardnekkigste gewoontes en private sondes die nekslag sal toedien.
Jy kan uit die kettings losbreek!
Ontdek wie jy werklik in Christus is en leer wat dit beteken om ‘n kind van God te wees. ‘n Vaste greep op jou identiteit en posisie in Christus is die essensiële waarheid wat jou sal vrymaak.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop