Second Edition. This book has minor damage on the front and back covers. The edges have browned over the years. No highlighter or pen marks inside the book. No torn or missing pages
Kontraktereg in Suid-Afrika, tweede uitgawe, beoog om kontrakteregsbeginsels en – praktyk op sodanige wyse te behandel dat dit ‘n nougesette en boeiende inleiding tot hierdie regsgebied sal verskaf. Omdat dit geskryf is met die oog op die ontwikkeling van begrip en fundamentele akademiese vaardighede, is hierdie werk ‘n handboek van onskatbare waarde vir studente wat die kontraktereg as deel van hul LLB-leergang moet bemeester.
Hierdie boek verskaf ‘n uitvoerige verduideliking van die kontraktereg in kernagtige en toepaslike formaat, deur die gemeenskaplike, statutêre en grondwetlike komponente daarvan saam te snoer. Vanweë die praktiese en pedagogiese aanslag daarvan is die werk op toegepaste, kritiese en denkende studie, asook die kweek van onafhanklike akademiese vaardighede toegespits.