You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Die stories bereik die veertienjarige Fransie in sy hospitaalbed. Stories oor ‘n nuweling wat besig is om vuur te maak (soms heel letterlik) onder die plattelandse verlamming van hul klein Nederlandse dorpie, Lomark. Die Joe Speedboot is ‘n seun met aweregse planne en ysere wil, en in ‘n japtrap neem hy Lomark ordentlik op horings met middernagtelike intploffings en tuisgeboude spionasievliegtuig.
Dis ook Joe wat ‘n paar jaar later besef dat die verlamde Fransie se ooronwikkelde rolstoelarm van hom ‘n meesterarmdrukker sal maak, en die twee vriende ontdek ‘n macho toernooiwêreld waarvoor fransie se fassinasie met samoeraivegkuns hom uitmuntend voorberei het. Natuurlik is daar ook ‘n meisie, die Suid-Afrikaanse PJ, op wie albei verlief raak. Om van die resieslaaigraaf nie te praat nie…